Monday, April 11, 2011

VERBAAL - inspired by talk by Sarah Kay

A talk by Sarah Kay, spoken word poetry... inspired me to write the following poem VERBAAL! Check out her speech at the following link:  Sarah Kay: If I should have a daughter ... | Video on TED.com


VERBAAL
As ek praat in my taal en bid in my taal
Voel ek die dorheid in my taal
Maar in daardie droogte vorm die woorde
En voel ek die groen blom betekenis van die lewe
Met seer lekker kry deurdruk
Om iets te maak van die pyn
Om sin te gee aan die amper verdwyn
En met volle vors weer terug te kom om lewe te gee
Aan dit wat amper nie meer was
Wat gevoel het so leeg so vas
Maar nou ‘n lewe van sy eie het
Die trane wat elke blom betekenis laat bloei
Wat elke tak en taak vir die toekoms laat begin groei
En sag kan ek weer diep sug en weet
Die rus kan maar nou oorneem die harde werk is vir ‘n oomblik klaar
Totdat more kom en die son die liefde en lewe
Die goeie welbehae
Laat opstyg saam met my wildste drome
My hart verlore
Want hoop het ‘n diep saad geplant in die amper vergeet
Weet gaan een van die dae sy kop kom uitsteek
En die wonderwerk gebeur in my taal
En ek voel so oop en verbaal
Laat elke goeie sonskyn gedagte
Weer kom lewe bring in donker gedagte grafte
Hoog sweef op die winde van weet
Mag ek nooit ooit weer die wete vergeet…
by Amori van Zyl

1 comment: