Wednesday, April 13, 2011

Vriend

For all my friends out there...

Vriend
‘n Verrassings geskenk met elke laag uniek
‘n Harts kombers is wat jy my bied
‘n Oproep wanneer die nood druk
Of net om ‘n paar onsinnighede uit die lug te pluk

Nooit afbrekend
Nooit opstekerig
Nooit vals
Of op tone rondom jou rond wals

Vol liefde
Vol geduld
Vol ewige verstaan
Is waaruit jy bestaan

Veilbaar soos enige persoon
Maar geen ander se afgetekende patroon
Elementere dinge soos saam lag of huil
In my skoene stap jy al verder as ‘n myl

Deur jou sien ek ‘n venster in die hemel waarin ek glo
Wie gee jou hierdie buitengewone vermoe
Om my uit die diepste gat of hoogste wolk te kom haal
En jou liefde oor my hele lewe te straal
by Amori van Zyl

No comments:

Post a Comment