We all go through dry spells in our lives, times where we yearn for relief... this poem is about such a time in my life but the unwavering Hope which will always shine through...
Droogte
Hard roep die aarde na verkwikende reen
Die grond en plante word so wit soos been
Sal die winde van hoop tog ons dors kom les
Om die gapende monde met water te stil
Die silwer strome lewe alles kom verkleur
Die windpomp kraak vaak om sy eie as
En slegs stof drup liggies uit die pype se las
Die son bak hard neer op die gekraakte ou mens plooie
Die aarde voel sy jare soveel meer met die droogte
God maak tog U hand oop en laat die wolke bring
Wat so belowend in die donker donderweer sing
Sodat ons harte van vreugde deur die poele kan plas
En die beloftes van Skepping nie meer ons harte so belas
Vir nou kraak die windpomp vaak om sy eie as
Slegs stof drup liggies uit sy pype se las
Maar binnekort gaan verkwikende water van hoop en lewe ons harte verras
by Amori van Zyl
by Amori van Zyl
No comments:
Post a Comment