Thursday, April 14, 2011

Presenting our first guest blogger: Nadia van Niekerk with 'Bang'

Afrodites first guest blogger Nadia is an inspirational writer with heaps of passion... can't wait for her next piece.


Bang

Ek is bang.
Meer as dit.  Ek is ‘n bangbroek.
Tot in my murg vrees ek om myself oor te gee aan die dinge waarin ek goed is.  Waarin ek uitblink.  Wat maklik kom.  Die dinge wat amper voel soos ‘cheat’, so maklik is dit.  Daardie iets wat in my DNA in geweef is en waarvoor ek spesiaal geskep is.  
Ek sal liewers my passie, my gawe, ‘n droom noem en voort sukkel met dit waarin ek my nou bevind.  Ten minste is dit ‘n werk.  Dit is standvastig.  Dit betaal goed.  Die mense is oulik en ek leer baie.  Vertel ek myself.  En almal om my.  Probeer myself oorreed, terwyl almal kan sien my flikker vir lewe word kleiner en kleiner.  Maar ek leer ja.  Ek leer tot in die middernag in.  Ek leer en ek haat dit.  Ek leer met trane in my oe. 
Maar hoe kan ek dan die risiko neem?  Se nou ek is nie goed genoeg in die ding wat vir my lekker is nie.  Se nou ek kom daar en ek kan nie die paal haal nie? 
En se nou ek is uitstekend?  Wat sal gebeur as ek nuwe vuur in my siel kry?  As ek weer my tyd en my lewe terug het?  Hoe sal dit wees as ek deur die lig wat weer aangesteek is, weereens my passie vir mense, verhoudings, die toekoms terug kry?  Sal dit nie ongelooflik wees nie?  Is dit dan nie presies wat ek wil he nie?

Maar nee.  Ek wag.  Want wat as.   Bangbroek!!  My hart skree dit uit elke keer as ek by die kantoor in stap of weer in die donker wanneer almal slaap by die huis aankom.

En ek huil.  En ek suffer.
Want ek is te bang.
Te bang om eers my passie as ‘n stokperdjie te beoefen.  Bang ek het dalk my edge verloor en as ek weer probeer dat daardie realiteit my in die gesig sal staar. 
En wat dan?

Al die bekende slagspreuke vloed my gedagtes.  “Mens kan net ‘n dal in een groot sprong kruis”.  “Moenie jou talent onder ‘n maatemmer wegsteek nie”.

Gaan ek dit waag?
Of gaan ek waag om my siel heeltemal te verloor?
Want werk is nie net geld maak nie.  Dit is ‘n geloofsaak.
En ek verraai op die oomblik my Maker.

by Nadia van Niekerk

No comments:

Post a Comment