Lente
Lente steek haar skaam gesig uit elke bloeisel in my tuin
Haar reuk groet my elke oggend en sagte pienk sonsak met die reuk van jasmyn
Sy roep na die reen en die wind en die veranderinge wat elkeen so na haar aantrek
Menigte mens het haar al probeer namaak en hulde blyk
In skilderye
In gedigte
In die ewige soeke na die perfekte kombinasie van kos en spesirye
Maar haar perfeksie bly vir altyd deur ons vingers glip
Wat sal lente die jaar saam met haar bring
‘n Wonderwerk van lewe wat my hart elke oomblik laat sing?
Of ‘n verrassing so uniek soos God se wil
Wat gretige vingers van liefde om my hart krul
God, mag lente haar asem van kreatiwiteit en Skepping oor my lewe blaas
Om elke dag met wonder te leef
En vir ‘n vol passievolle lewe met insig, wysheid en geduld te streef
Lente steek haar skaam gesig uit elke bloeisel in my tuin
Gou, kyk mooi , voor dit weer in die volgende seisoen verdwyn
by Amori van Zyl
I really love your writing. Your "Spring" Poem really made me think about the daily God given miracles that unfolds around us every day.
ReplyDelete