Saturday, January 26, 2013

Kersfees kom

Die flikkerrende liggies weerkaats hoop en lig in afwagtende onskuld ogies ...Sal Kers Vader weet wat kinder harte begeer?
Sal hope geskenke in oorvloed hul van die grootste geskenk leer? 
Elke jaar weerkaats die afwagting van blink papier die boodskap van hoop.
Die strikke en prentjies op kaartjies in diepste drome gedoop.
Oor jare word kinder harte groot mens gedagtes,
verander poppe en trokke na groot mens verwagtings.
Gestroop van Kers Vader oorgawe geloof,
word perfekte familie liefde en samesyn in stories beloof.
Hou vas aan die belofte wat niemand sal versaak,
klein of groot die rykste geskenk aan ons almal bemaak.
Kersfees kom ... Jesus kom ...
Gee aan God die eer!
Skenk ons n helder na dink Kersfees,oor U groot liefde o Heer. 

No comments:

Post a Comment