Amper was
Is nog nie is
Gewees amper gewees
Tog nog nie vlees
Jou klaar lief gehad
Was dit gedagtes verraad?
Geloof ... Hoop ... Liefde ...
Van die drie nou grootste hoop
In liefde en geloof gedoop
Moet soms siele wroeg diep daarvoor delwe
God vul my met jou vrede
Hoop gevul met lewe
Jou drome plant jy in my hart
Maak my soms so vol ... verward
Kan ek voel en ruik en proe
Hoe lewe groei en leef en woel
Maar vas hou ek aan U Woord
Hou my gedagtes te wagte in lyn akkooord
Met wat U beloftes belowe
Nooit in wanhoop verlore
Geloof ... Hoop ... Liefde
Van die drie nou grootste Hoop
In Liefde en Geloof gedoop
No comments:
Post a Comment