Sunday, January 27, 2013

2013

Die Hoop draai sy soete beloftes om jou hart vas
En trek jou gedagtes uit wat gister was
Na die nuwe dag
Wat jou uitbundig kan laat lag
Jou harts tasse vol juwele kan laat vul
Jou siel tot elke naat tot barstens toe kan vervul
Met wat belang het
Waarna jy verlang het
Waarvoor jy rustig hoop
Nogsteeds in volle vrede gedoop
Geloof
Hoop
Liefde
Die jaar hou ons vas aan Hoop
Draai die verwagtings sy gou drade om ons drome
Glo die liefde van God aan ons belowe

No comments:

Post a Comment