Daar is niks so kosbaar soos ‘n droom bewaar
Soos ‘n diepste begeerte vervul
‘n Verwagting van ‘n sagte lyfie in liefde gehul
Die eerste fladderings van lewe en opgewondheid
Die vol maak van lyf en siel en gees
‘n droom, ‘n hoop, ‘n fladdering word vlees
Sag van die tong rol jou naam Leahne
Jou ma en pa besig om plek in hul lewe vir jou voor te berei
Vir die oomblik as jy jou sagte wolhaar koppie teen hulle harte kom vlei
Ons het lank vir jou handjie om ons vinger gewag
Om Natasha en Stephan van opgewondheid en afwagting te hoor lag
Om te weet wie jy gaan wees omdat jy die sonar se ondersoek so minag
Maar ons harte behoort al klaar aan jou
En kannie wag om jou met al ons liefde en drome te omvou
En jou uiteindelik met ons eie oe te aanskou
Want ‘n droom en verwagting was jy
Van afwagting en heimwee het jy jou ma kom bevry
Om vir altyd en ewig binne ons harte te kom gly
Stunning! Bly ek het jou blog ontdek!! XxX
ReplyDeleteKosbare woorde baie na aan ons harte!Natasha.xxx
ReplyDelete