Thursday, June 2, 2011

Ode to a little person sorely missed today...

Aan ons prinses
Dis jou verjaarsdag vandag
Mensie wat met jou liefies almal laat lag
Jou glimlag blou oe en sy sagte wit hare
Jy warrel met jou liefde oor ons hartsnare

Ons het jou onmenslik lief
My kleine Cloe harte dief
Niks is te soetsappig as dit by jou kom
Jou omgee mens-wees eie jy hou net aan met blom

Jy het pens en pootjies in ons harte geklim
Al is jy soms vir jou Tannie Amie te slim
Jy troos waar jy hartseer sien
Jou hartjie het van kleins af al begin dien

Van jou kan ons soveel leer
Selfs hoe om tande pienk te verkleur
Ons wens God se grootste seen oor jou pragtige lewe toe
Laat jy die lewe met elke dag se suiker soet seening proe