Wednesday, May 11, 2011

Hoop

Die put verdor
Die hart verkramp
Die oe verslind
Die mooi verblind

Weet die antwoord is Hoop
Hart, siel en vlees in pyn gedoop

Moet kop op lig
Moet bo probleem uitstyg
Moet … moet … moet

Die wil is weg
Die krag versleg
Moet die donker nou beveg

Wil in die lig dans
Van lighartigheid rond flans

Gooi weg die seer
Bring terug beheer
Die dag gaan voort
Emosies nou oorboord

Die lyn vasgryp
God sal my red
Ek’s altyd Sy kind
Sy Hoop vir my verslind
Ek kry nog seer
Hy’s in beheer

Die hart het lief
Die siel sal glo
Die kop moet hoop
Als sal uiteindelik reg loop

Wednesday, May 4, 2011

Nostalgic look at family love...

Familie huis
Die stil geluide van die nag
Padda-sang en krieke-lag
Vedwyn in duiwe-koggel
En geyser-roggel…

Die knus gevoel van familie liefde
Wikkel dieper in die warm wete
Dat DIE harts familie jou aanvaar
Duidelik in elke spot, lag, normale gesinslid hanteer gebaar…

Die mense van jou hart
Geskenk uit Gods genade vir verlede smart
Weet dat vandag al die liefde bring
Waar van my hoop en drome stories sing…